Kategorie  |  Uncategorized

asemrowend

Daar is ’n bekende slagspreuk wat sê: “Die lewe word nie gemeet aan die aantal asemteue wat ons neem nie, maar aan die oomblikke wat ons ons asem ontneem.” Ek sien nogal dikwels hierdie woorde op T-hemde en kunswerke. Dis ’n frase wat inslag vind, maar ek dink dis nogal misleidend. Indien ons die lewe meet aan die asemrowende oomblikke,…

gewaagde situasie

Op sommige van die Kerskaarte wat jy hierdie Kersfees sal ontvang, sal jy waarskynlik ’n man sien wat in die agtergrond staan en oor Maria se skouer kyk na die Kindjie wat sy versorg. Sy naam is Josef. Na die verhaal van Jesus se geboorte, hoor ons nie veel meer van hom nie. As ons nie beter geweet het nie,…

wat kan ek jou gee?

Ek het al gehoor dat daar in die meeste kulture drie wense verhale is, en almal stem min of meer ooreen. ’n Weldoener verskyn aan ’n persoon en bied aan hom of haar drie wense wat dan vervul sal word. Die feit dat hierdie tema so baie in verhale verskyn, dui daarop dat ons almal so graag iets wil hê…

slegs ’n slets

In sy boek The Weight of Glory vertel C. S. Lewis die verhaal van ’n vrou wat geboorte aan ’n seun geskenk het terwyl sy in ’n onderaardse sel as gevangene aangehou is. Aangesien die seun nooit die buitewêreld gesien het nie, het sy ma probeer om dit vir hom te beskrywe deur allerhande potloodsketse te maak. Later, toe hulle…

ter gedagtenis aan

Wanneer ’n skip van die Amerikaanse vloot by die militêre basis in Pearl Harbour aankom, of daarvandaan vertrek, sal die bemanning in volle mondering op die dek op aandag staan, om die soldate, matrose en burgerlikes wat tydens die Japannese aanval op 7 Desember 1941 gesterf het, te gedenk. Dis ’n aangrypende toneel en baie deelnemers beskryf dit as een…

Kommerlose Lewe

Pla dit jou as jy sien dat so baie aandag aan verkeerde dinge bestee word en veral ook aan mense wat die korrupte onderskryf? Moontlik is dit persone wat in die vermaaklikheidswêreld bekendheid verwerf, maar immorele filosofieë in hulle musiek, films of videos toelaat. Of dit kan ook politieke leiers wees wat openlik ’n verkeerde rigting inslaan en negatiewe lewensstandaarde…

geliefde

’n Vriend het vertel dat sy ouma een van die persone was wat die grootste invloed op sy lewe uitgeoefen het. Selfs nou, gedurende sy volwasse jare, het hy steeds ’n foto van haar op sy lessenaar. “Ek dink regtig dat sy my geleer het hoe om lief te hê,” sê hy. Nie alle mense is bevoorreg om sulke wonderlike,…

Vrede

Gedurende Adam en Eva se verblyf in die Paradys, het vrede op aarde verlore geraak. Die oomblik toe hulle die verbode vrug geëet het, het hulle hul naaktheid besef en dadelik begin om mekaar te beskuldig (Genesis 3:12-13). So het konflik God se vreedsame planeet binnegekom. Ongelukkig het al hulle afstammelinge en ook ons, hulle voorbeeld gevolg. Ons blameer mekaar…

sandkastele

Toe ons kinders jonk was, het ek en my vrou Martie, dit baie geniet om as familie by my ouers in Florida te gaan kuier. Dit was veral heerlik om uit die koue, winderige Michigan weg te kom en die warmte van Florida te geniet. Ek kon nie wag om op die strand te ontspan met ’n mooi boek nie.…

nooit te besig

Universiteitstudente huur ’n huis van my suster en haar man. Een nag het ’n dief probeer inbreek. Die jong dame wat daar woon, het dadelik die polisie geskakel en hulle vertel dat ’n inbraak aan die gang was. Die persoon wat die foon beantwoord het, het gesê: “Jy sal maar môreoggend moet skakel. Ons is op die oomblik te besig.”…